Die Bure Lyrics

lyrics
Browse by band :
0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z | ALL

The Buckfever Underground


Die Bure lyrics

Artist: The Buckfever Underground lyrics
Album: Other Song Lyrics
Title: Die Bure
Correct Die Bure Lyrics Correct these lyrics
Print Die Bure Lyrics Print these lyrics
Tweet this song Tweet this song

Send "Die Bure" Ringtone to your Cell

Lyrics to Die Bure :
die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die rubbish in swart sakke nie, steek gedurig goed aan die brand, is besig om ‘n wagtoring op te rig, angle-grind tot 3-uur die oggend, skiet ou TV's met rewolwers, rand bedelaars aan, verdryf kollekteerders en predikante met donshael, sambokslae en megafone. soms bel ons die polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir nietighede nie.

hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? maak lugwaardinne met grondboontjies in hulle neusgate jou wakker, skud hulle bakpoeier oor jou gesig, klop liggies ‘n eier daardeur? of is dit die gehoes van reá«n en die getik-tik van stringe wind teen die vlagpale van die kwikspar? is daar kieme op deurknoppe, hempsknope, polisieknuppels en melkdruppels? hoe grou haar toonaels in jou rug se moue? wie's die vrouens wat gedurig sooie kom láª, growwe, groen, nat sooie, wat nog na kontant en vloedwater ruik? wie's die waterfiskaal by die beervleidam, wie se lammers l᪠dood langs die pad, wie plaas die bloukraanvoá«ls hier, soos grys gekerfde brode tussen die swart en die koring? wie grom vir wie tussen tandepaste en petroleumjellie? ken jy jou petroljoggie se naam? met watter vinger teken jy in die stof, skiet julle grof, vat julle fyn? ken julle tant mossie se acid house remix? click julle tonge, nat punte, gesplete klinkers, voorste verhemeltes en hemelse handlangers, saam, tegelykertyd, eensklaps, spoedig? buig julle saam om die herd, rol julle dieselfde drom om, deel julle ‘n paar boude? wat's louterwater? wie besluit hoe later hoe kwater? is ‘n kapater elke dag kwater en kwater, synde hy sonder ‘n knater? brul dinge op die braai, roer iemand die slaai, swaai kinders op die skoppelmaai? hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?

voet op die wa, los hand om die greentrees koffie, sigaret wat rol onder die oogtand, staan ons held vannaand in september en praat oor sy vrou, en sy eks-vrou en hoe sy nie die inslepery kon hanteer nie. sy pak haar tasse, hy skud sy kop. die nuwe vrou is beter, sy't reg gekies. dan's daar sy broer en sy pa, dood op pad na ‘n ongeluk, hy't uitgery nylstroom toe vir die lyksuitkenning. wanneer sy oá« in die rigting van die caltex sign draai, kan jy jou jou verbeel jy sien sy harde ken by die ruit uitsteek, een hand op die wiel, die ander wat slap hang in die wind, blou oá« wat wil huil maar nie kan nie, want die verkeer is swaar, en die pad by die carousel verby is vol busse en trokke. eers by die zambesi-laan afrit kom sy kop skoon, en hy dink aan werk en die ekonomie en vriende en die vrou. dan, jare later, staan hy hier by greentrees en deel raad uit oor karre en deals aan ‘n dwerg en ‘n yuppie, die gesprek soos ‘n toolbox wat van ‘n bakkie afval. soek hom maar gerus op, jy sal hom ken aan sy oorpak en sy glimlag, en sy wiele wat ruik na rubber en reá«n, en sy stem, vol missed calls, middernag-padstories en die lig wat uit die dag gesuig word.

hy's so anders as ons bure, wat hul diere skop en hulle kinders in die niere slaan, skote na die maan afvuur, nooit die gras sny nie, en die pos laat ophoop. hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? swaai iemand op die skoppelmaai? roer iemand die slaai? brul dinge op die braai? skiet julle grof, vat julle fyn?
[ Die Bure Lyrics on http://www.lyricsmania.com/ ]

Send "Die Bure" Ringtone to your Cell

Comments to these lyrics

Leave a Comment

No comments to these lyrics yet, be the first!
Top Lyrics
Taylor Swift - You Belong With Me lyrics
Fray (The) - How To Save A Life lyrics
Kings Of Leon - Use Somebody lyrics
Bon Iver - Skinny Love lyrics
Owl City - Fireflies lyrics
Mumford And Sons - Little Lion Man lyrics
Fray (The) - Never Say Never lyrics
Camp Rock - This Is Me lyrics
A Day To Remember - If It Means A Lot To You lyrics
Fray (The) - Look After You lyrics
Flobots (The) - Handlebars lyrics
Plain White T's - 1234 lyrics
Owl City - Vanilla Twilight lyrics
Colbie Caillat - Bubbly lyrics
Boys Like Girls - Two Is Better Than One lyrics
Fray (The) - Over My Head (Cable Car) lyrics
Red Jumpsuit Apparatus (The) - Your Guardian Angel lyrics
OneRepublic - Apologize lyrics
High School Musical 3 - Can I Have This Dance lyrics
Miley Cyrus - I Miss You lyrics
Black Point - WataGataPitusBerry lyrics
Paolo Nutini - Last Request lyrics
Carla Bruni - Quelqu'un M'a Dit lyrics
Sam Sparro - Black And Gold lyrics
Cold Flamez - Miss Me Kiss Me Lick Me lyrics
Hollywood Undead - Undead lyrics
Rise Against - Savior lyrics
Bring Me The Horizon - Chelsea Smile lyrics
Bring Me The Horizon - Diamonds Aren't Forever lyrics
Jonas Brothers - When You Look Me In The Eyes lyrics
Arcade Fire - Wake Up lyrics
Boys Like Girls - Thunder lyrics
Colbie Caillat - Realize lyrics
Paramore - All I Wanted lyrics
Amy Winehouse - Valerie lyrics
Cage The Elephant - Ain't No Rest For The Wicked lyrics
Secondhand Serenade - It's Not Over lyrics
Bring Me The Horizon - Pray For Plague lyrics
Corinne Bailey Rae - Put Your Records On lyrics
Nicki Minaj - Still I Rise lyrics
Chris Brown - Say Goodbye lyrics
Shwayze - Get U Home lyrics
Lily Allen - Not Fair lyrics
Zac Brown Band - Toes lyrics
Charlie Winston - Like A Hobo lyrics
Lily Allen - Fuck You lyrics
Owl City - I'll Meet You There lyrics
Bring Me The Horizon - The Sadness Will Never End lyrics
Miley Cyrus - Party In The USA lyrics
Kings Of Leon - Sex On Fire lyrics